Heelvrou Seminaar

Heelvrou Seminaar

Genesing moet holisties benader word.  Daar word 2 ekstra aanbieders betrek wat onderskeidelik gesondheid en die beradingsessies (een – op - een sessies) hanteer en waar nodig opvolg gesprekke aanbeveel.  Hier fokus ons op HEELwees volgens Skrifbeginsels in die volgende dimensies:

GEES-heel
Ek kan alleenlik HEEL wees  as ek besef dat God die Vader my geskep het om in verhouding met Hom te staan ... Om HEEL te leef, is dus 'n keuse!  Dames word hierin begelei.

SIELS-heel
Ek kan alleenlik volledig HEEL word as ek deel met die verlede, afhandel met gedrag wat daaruit voortvloei, in my emosies genesing vind en leef uit 'n nuutgemaakte gees en nie uit stukkende emosies nie.  Nuwe denksisteme word bespreek en deurgaans aan die hand van praktiese oefeninge en interaksie, hanteer.

LIGGAAMS-heel
As mens, kry ek een "woning" in my aardse leeftyd, om in te woon. As ek haar nie vertroetel, beskerm en versorg nie, nie gebalanseerd leef nie ... kan ek nie Geestes- en Sielsgesondheid ervaar nie!  Dames word toegerus met gesonde eet- en oefengewoontes.  Die sessies word prakties hanteer met praktiese oefeninge en stapsessies.  Hier word ook van Christelike meditasie gebruik gemaak.

Hierdie seminaar word ook in ‘n Opvolg seminaar formaat aangebied waar gefokus word op verhoudinge in die huwelik, famlie en vriendekring.  Hier word seksualiteit en alle aspekte van verhoudinge hanteer.  


Die HEELvrou seminaar is geskik vir damesgehore vir 'n naweekkamp, tweedag seminaar of 'n Saterdag seminaar.  Vir kampe - Verkieslik op ‘n kampterrein.

Loading...
Loading...