Vier Nasionale Vrouedag saam met Wanda Bam

Vier Nasionale Vrouedag saam met Wanda Bam

Heelvrou spreek al drie dimensies (Hele vrou) van vrouwees aan en word op ‘n multidissiplinere basis aangebied. Die fokus is om elke vrou in die geHEEL, Gees, Siel en Ligaam, te bemagtig om uiteindelik onafhanklik vorentoe te stap na ‘n nuwe HEEL toekoms. Jy deel met die verlede, handel af met gedrag wat daaruit voortvloei, in jou emosies genesing vind en leef uit 'n nuutgemaakte gees en nie uit stukkende emosies nie. Nuwe denksisteme word bespreek en deurgaans aan die hand van praktiese oefeninge en interaksie, hanteer.

LIGGAAMS-heel As mens, kry ek een "woning" in my aardse leeftyd, om in te woon. As ek haar nie vertroetel, beskerm en versorg nie, nie gebalanseerd leef nie ... kan ek nie Geestes- en Sielsgesondheid ervaar nie! Dames word toegerus met gesonde eet- en oefengewoontes. Die sessies word prakties hanteer met praktiese oefeninge en stapsessies. Hier word ook van Christelike meditasie gebruik gemaak. Hierdie seminaar word ook in ‘n Opvolg seminaar formaat aangebied waar gefokus word op verhoudinge in die huwelik, famlie en vriendekring. Hier word seksualiteit en alle aspekte van verhoudinge hanteer.

Heelvrou seminare word aangebied deur Wanda Bam.
Naas God, haar man, haar kinders, en troeteldiere, is mense wat smag na meer, die dinge wat haar die mees opgewonde maak en maak dat sy dieselfde bly kies, om meer te weet, meer te leer en meer te gee – Ongeag.

Haar Passie en Credo: “I do not strive for a Legacy written in beautiful words, or painted in bright colours or awarded or established by force. True Legacy to me is a life lived beautifully, selfless, with character, clear set boundaries and a non-negotiable truth.”

Leef jy of oorleef jy?
'n Oggend van Lag, Leer, Luister en Lig.

Datum: Dinsdag, 9 Augustus 2016
Tyd: 09:00 - 12:00
Plek: Venue D'Aria, Durbanville
Kaartjies: R150 enkel / R250 dubbel
  Sluit dekadente verversings, koffie/tee en sap in.
Loading...
Loading...