Wanda Bam - Moederwees: ’n Voorregfees

Meimaand is ’n feesmaand. Die maand waarin ek en my jongste, Melinda, verjaar en ook waarin my liefste moedertjie altyd verjaar het. Meimaand is ook Moedersdagmaand! Vroue is nog nooit voorheen so uitgedaag om standpunt in te neem oor die behoud van lewe, as nou nie. Die vrou is gemaak om lewe te beskerm en hierdie voorreg elke dag te koester.

Die teendeel is egter oral sigbaar. Daar is omstandighede waarin daar teen die behoud van lewe besluit word, maar een ding weet ek, en dit is dat God elke moeder, ongetroud, enkel of getroud toegelaat het om lewe in haar arms vas te hou.

Loading...
Loading...