Vier Nasionale Vrouedag saam met Wanda Bam

Vier Nasionale Vrouedag saam met Wanda Bam

Heelvrou spreek al drie dimensies (Hele vrou) van vrouwees aan en word op ‘n multidissiplinere basis aangebied. Die fokus is om elke vrou in die geHEEL, Gees, Siel en Ligaam, te bemagtig om uiteindelik onafhanklik vorentoe te stap na ‘n nuwe HEEL toekoms. Jy deel met die verlede, handel af met gedrag wat daaruit voortvloei, in jou emosies genesing vind en leef uit 'n nuutgemaakte gees en nie uit stukkende emosies nie. Nuwe denksisteme word bespreek en deurgaans aan die hand van praktiese oefeninge en interaksie, hanteer.

My lewe roep: Hy leef!

Oor berge en in dale, ja, oral waar die vyand wou steel, het God vir Wanda Bam, sangeres, Kaapse Kansel-omroeper en skrywer van die boek Wilderniswenke vir vroue, gered en alles ten goede laat meewerk. Na ? ernstige motorongeluk, waarin sy sou verkies om dood te gegaan het, het Wanda Bam vir die Here gesê: This is it. Ek gaan nie meer sing nie. Ek gaan nie meer vir Hom werk nie.

Loading...
Loading...