Wanda on Meditation

Ons almal gaan deur tye van telleurstelling en totale gebrokenheid. Hierdie ervanringe het die vermoeë om ons of van God te vervreem of ons nader aan Hom te trek. Wel, dit is hoe die jarelange, ervare diep gelowiges sê. Die som maak nie altyd sin nie en derhalwe het ek net op 'n dag gaan stilsit om sin te probeer kry in my eie realiteite. Ek wou by God weet of Hy onthou dat Hy belowe het Hy sal die Pa vir my kinders wees, toe hulle klein en bang in Marble Hall op my ouers se bed moes hoor, hulle pappa is dood. Ek wou weet of God steeds onthou het dat Hy belowe het om my man te wees al het ék daarvan vergeet en anders gekies. Nou...soos op 'n skoon leë blad het Hy die volgende woorde op my leë hart kom skryf...

This is an audio only clip of Wanda on Meditation.