Wilderniswenke vir Vroue

Wilderniswenke vir Vroue "Ons keuses in ons lewe is, soos myne, soms nie die wat jou gewild maak of enigsins bewonderenswaardig is nie. Dit word graag gebruik vir die


Just A Thought - Speeches And Quotes Echoes

I wrote this piece a while ago after the University of Cape Town bowed to student protests and removed a prominent memorial to arch British imperialist Cecil Rhodes. South African campaigners have targeted other statues too, vandalising one of Queen Victoria in Port Elizabeth.

Wat as – Ek is

Hierdie is een van die tema’s waaroor ek graag met vroue praat.  Die afgelope tyd het die Here net nuwe dimensies kom byvoeg en ek deel dit graag met jou:

As Jesus vandag sou kom

As Jesus vandag na die aarde sou terugkeer, sou ek waarskynlik besig wees om te jaag soos elke dag.  Daar sal agterstallige e-posse op my rekenaar wees, wat al dae lê en wag, waaroor ek grensloos skuldig voel.  Ek sal waarskynlik aangekla voel dat ek nog nie my skoonma of my eie liewe moedertjie vandag ‘n lui gegee het nie.  Ek sal waarskynlik besig wees om te bestuur en tegelykertyd na my “to-do list” op my selfoon kyk by elke frustrerende, rooi verkeerslig, en besef dat ek nie die teiken gaan maak vir die dag nie. 

Ek sal moontlik ongeduldig agter die taxi in die regterbaan ry en besig wees om vir die Vader te vra, om tog aan hierdie krakie in my karakter te werk, terwyl dit net my keuse is wat meer geduld op die pad kan bewerk!  Ek sal alweer nie die mooi veld om my sien en die kleurryke blomme of die vlamrooi sonsondergang nie, want ek is oppad na een of ander vergadering oor “Hoe ons Jesus vir die wêreld gaan wees…”  

My Stokperdjie- My refleksie

Ek het twee dogters wat met verf, musiek en dansskoene uit die baarmoeder die wêreld van kleur en potensiaal betree het.  Wie se talente is dit? Nugter weet, dalk het ek so klein aandeeltjie in die musieklikheid. Maar dans? Verf en skets, mmm? Nee, ek was nie daar met dié uitdeelslag!  Maar ek het myself al ‘n duisend maal die mooiste helderkleurige moderne landskappe sien verf en net die dagdroom daaraan laat my voete vuiste in my skoene maak van lekkerte!

Change and me?

Where do I fit into a world where rapid changes precede my wildest thoughts? In the 20th century a vision for the future could easily be established and confirmed.  To gradually and systematically follow this vision spread over 30 years, was not strange at all. Today however, it does not fit the modern society profile.  Our world became a intensely dynamic environment. Years ago, Stability was mainly based on the individual’s job, environment and financial position.