Wat as – Ek is

Hierdie is een van die tema’s waaroor ek graag met vroue praat.  Die afgelope tyd het die Here net nuwe dimensies kom byvoeg en ek deel dit graag met jou:

“WAT AS”:

  • maak jou onvergenoegd
  • lei tot woede
  • lei tot frustrasie
  • lei na nêrens
  • beroof jou van geloof
  • beroof jou van perspektief oor jou moederskap, vriendskap en huweliksgeluk

Dus:  Haal af jou bokshandskoene, die keuse is joune, bid, mediteer en soek skrif en bevestiging oor dit wat God vir jou sê in jou afstand doen van “Wat as”

MEESTE “WAT AS” TELEURSTELLINGS WORD GEBORE UIT ONREALISTIESE VERWAGTINGE!!
Om dit te doen is dit nodig dat jy eers identifiseer wat die oorsake vir jou onrealistiese verwagtinge is. Klink hierdie bekend?  “Oor en oor het ek verwagtinge gehad en vertrou en keer op keer is ek teleurgestel”?
Hoekom?

Gal 5:1 “It was for freedom that Christ set us free; therefore keep standing firm and do not be subject again to a yoke of slavery”

VRYHEID OF SLAWERNY?
Hoe is dit moontlik dat ek en jy deel kan wees van slawerny? Voorbeelde hiervan is … Kinders, my man, vriendin, myself, my kultuur en familie my geloof

  • geld
  • my verwagtinge en drome
  • onrealistiese verwagtinge en drome (wat buitendien nie haalbaar was nie)
  • valse verwagtinge – wat my van al my vreugde beroof het

DAAR IS ‘N DIEF WAT JOU VREUGDE STEEL EN JOU VERWAGTINGE UIT BALANS LAAT WENTEL- DIS DIESELFDE DIEF WAT DEUR EVA, DIE MENS SE VRYHEID VIR ALTYD SOU PROBEER STEEL!

Die Dief is die skepper van alle onrealistiese verwagtinge en verslawings aan drome wat lei tot afhanklikheid van mense ipv God! Die waarheid sal jou vrymaak – Vryheid in Christus
Probleem:

  • Ek wil vry wees maar ook liefgehê wees!
  • Ek wil liefgehê wees en daarom vervul ek die verwagtinge van ander
  • Ek rebelleer teen die verwagtinge dan is ek vry maar dan is ek nie liefhêbaar!
  • As ek doen wat ander verwag dan is ek liefgehê, maar nie vry nie!        

IN DIE PROSES VERLOOR EK MY MENSWEES EN IS EK BLOOTGESTEL OM AAN  ANDER SE VERWAGTINGE TE VOLDOEN

1 Joh 3:1  “Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het.  Hy noem ons kinders van God en ons is dit ook”
Ek sit dus vasgevang in my onrealistiese verwagtinge!
Wie kan my vrymaak?  Wie kan my verlig laat voel?  Wie sal my liefhê, ongeag?
EENVOUDIG: God kan!

Iets in my moet sterf sodat vryheid in my, uit die dood van onrealistiese verwagtinge, kan opstaan!
My gees opgewek in vryheid en waarheid!

  • Die Vyand is die koning, die prins van “Wat as”
  • Hy skep deur jou valse verwagtinge van jouself en van ander mense in jou lewe
  • Hy leer jou oordeel, manipuleer, domineer en orkestreer – sodat ander net aan my verwagtinge van liefhê voldoen, sekuriteit en aanvaarding of respek vir my sal hê, as ek doen wat hulle sê.

Eerstens – Ontdek jou onrealistiese verwagtinge:

  • Wat is die “wat as’e” in jou lewe?
  • Waarop vertrou jy vir jou geluk?
  • Hoe stel jy jouself teleur?
  • Is jy realisties in wat jy van jouself verwag?
  • Wanneer was die laaste maal wat iemand jou teleurgestel het?
  • Wanneer laas het jy op ‘n gebeurtenis vertrou om jou gelukkig te maak en dit het nie?
  • Wat doen jy wanneer jy die gat van depressiwiteit tref agv teleurstelling?

Tweedens – Identifiseer jou vyand – dit beteken om alles te waag….en selfs verder te gaan. Hou op om op te leef na ander se verwagtinge. Hou op om van ander te verwag om aan jou verwagtinge te voldoen

In Jer 31:3 sê God:  “ Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra” – as dit is wat God vir jou sê, kan jy nie nou maar jou familie, ouers, vriende en jouself vergewe vir die teleurstellings in jou lewe en vrykom nie?
JOU KEUSE!!!
“EK IS”:

  • Bring eenheid en beskerm individualiteit
  • Bring integrasie in jou menswees
  • Bring perspektief – ken jou eie waarde
  • Laat jou nie branderplank ry nie…Hy gee oorwinning, lewe in oorvloed!
  • Volhard in jou besluit
  • Maak ‘n koersaanpassing
  • Jou lewe – jou keuse!
  • Kom uit by die kern- Die Heilige Gees wat jou konstant van die waarheid oortuig – Laat hy jou gedagtes bepaal.
  • Luister na die stem hierbinne – nie die stemme daarbuite nie!

Openbaring: 3:20 “Here I am! I stand at the door and knock.  If anyone hears My voice and opens the door, I will come in and eat with him, and he with me”
“EK IS”:

Het met jou ‘n verbond gesluit

Het liefde in Hom alleen te vind

By jou al die dae van jou lewe

Jahwe, die God wat voorsien
•         Die weg die waarheid en die lewe
•         Stel jou in staat

“Ek is” belowe:

  • Fonteine van lewende water sal uit jou binneste vloei en nuwe lewe bring in jou woestyn
  • Stel jou voor aan die”vry mens” in jou
  • Jy sal weer drome hê van vreugde en lewe
  • Jy sal weer uitbundige vreugde beleef
  • Aanvaarding gee vir die dinge wat jy nie kan verander en jou laat groei uit dit wat jy kan verander


Jy is begeerlik vir “ek is”
“Jy is my skepping en My herskepping – soos een gevorm vir my is jy my kind, my dogter.  Drink van MY en raak vol, vol met My vreugde want Ek is genoeg.  My naam is God, jou Vader, “EK IS”