Wilderniswenke vir Vroue

Wilderniswenke vir Vroue "Ons keuses in ons lewe is, soos myne, soms nie die wat jou gewild maak of enigsins bewonderenswaardig is nie. Dit word graag gebruik vir die artikels in ’n tydskrif wat ander vroue lees en beter laat voel omdat hulle saam kon huil of beter voel omdat hulle nie jy is nie. Jy sal hierdie situasie oorleef mits jy weet dat jy vir waarheid gekies het en nie vir ’n alternatief nie. Onthou, net waarheid maak vry omdat enige kompromis mense net nog stukkender breek en geen bydrae lewer tot jou nalatenskap nie."


Wilderniswenke vir Vroue - Boekbekendstelling

Wil jy die kettings van die verlede afskud? Sukkel jy om vrede te maak met ou wrokke, onreg of skuld? Worstel jy alleen deur ’n barre woestyn sonder padkaart of geestelike padkos? Vrees jy dood, egskeiding, enkelstatus-stigma en talle ander spoke? Is selfdood jou laaste opsie?