My Story of Hope

My Storie van Hoop met Wanda en haar dogters, Melissa en Melinda, waar hulle hul Storie van Hoop deel en ‘n geleentheid bied waar die getuienisse van mense wie se lewens deur organisasies verander is te laat hoor.

Enige organisasie kan hulle “testimonials” kom deel by ‘n geleentheid waar die “Feather Award” aan so organisasie gegee word as inspirasie vir ander organisasies.  Stuur jou Storie van Hoop oor iemand wie se lewe jy aangeraak het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. “May my life, Oh Lord, be a feather on your breath, that You may blow me in any direction, and I will go. I will go without resistance, silently and with joy to any place you send. Allow me to land without much notice into the path of others for them to discover, not me, but You.”

My rol as aanbieder by Radio Kaapsekansel, bring my in kontak met talle organisasies wat met hierdie projek algaande insette kan lewer en as ‘n netwerk funksioneer. Daar word dikwels vir mense/vroue besluit wat die maatskaplike kwessies is, terwyl ons dalk die mikro omgewing kon bemagtig om sodoende maksimum impak te maak.  Vir elke 1 vrou met Hoop is dit ‘n potensiële gesin van 4 met hoop.

Die motivering agter die projek – gebroke huwelike, verhoudinge en die agteruitgang van die ekonomie, het ‘n reuse impak op die gesinstruktuur.  Die vrou is die saambindende faktor.  Die vrou is ‘n “survivor” en beskermer van lewe.  Die afgelope tyd hoor mens al hoe meer van Vroue wat se gedrag nie strook met die vrou wat God gemaak het, naamlik om die sensitiewe, morele, beskermende en emosioneel-intelligente wese te wees nie.  
Talle vroue bevind hulself in ‘n posisie waar van hulle vir die eerste keer beheer moet neem oor finansiële spanning, kinderopvoeding en algemene kwessies, wat meerendeels deur ‘n lewensmaat vervul sou word.  Hierdie gaan oor Stories van Hoop wat hoop bring, deur werklike mense, met werklike omstandighede en gerealiseerde oplossings.

Mense wat werklik swaarkry, het die een langs haar se swaarkry en deurdruk - storie en ervaring nodig om hul eie te deurleef en te oorleef.  Die fokus is  WAARHEID en Genesing deur my werklike en eerlike storie van Hoop.


- en die waarheid sal julle vry maak -
- and the truth shall set you free -

Enige tema kan ook voorgestel word en op ‘n unieke manier aangebied word wat pas by jou geleentheid of funksie.  Ons leer elke dag nuwe lesse en deel dit graag met jou.

Loading...
Loading...