Wanda en Mark is ambassadeurs vir Huweliksweek
Wanda en Mark is ambassadeurs vir Huweliksweek vanaf 1-7 September2015" Dis vir die nuus banner.
Wanda en Mark is ambassadeurs vir Huweliksweek vanaf 1-7 September2015" Dis vir die nuus banner.
In hierdie maand se uitgawe van LIG is Wanda te siene met haar getuienis van Hoop en genesing. Koop die Juliemaand uitgawe van LIG en lees meer hieroor
Die grootste wonder en ook die grootste uitdaging van totale vrouwees is om 'n klein bondeltjie, 'n verlengstuk van jouself, in jou arms vas te hou en deur baba- kleuter- en tienertyd, ferm maar sag te werk aan die stukkie klei wat God aan jou toevertrou het. Nie 'n taak vir "sussies" nie! Melissa en Melinda is my grootste vreugde, my grootste uitdaging en my grootste leermeesters.
Ons almal gaan deur tye van telleurstelling en totale gebrokenheid. Hierdie ervanringe het die vermoeë om ons of van God te vervreem of ons nader aan Hom te trek. Wel, dit is hoe die jarelange, ervare diep gelowiges sê. Die som maak nie altyd sin nie en derhalwe het ek net op 'n dag gaan stilsit om sin te probeer kry in my eie realiteite.
Wanda Bam, lees haar gunsteling aanhaling en vertel hoekom dit soveel betekenis dra. Kyk die 'Bekendes se gunsteling aanhalings' Youtube video van VoelGoed TV.